Exodus 19:17
‘Daarop het Moses die volk uit die laer gelei om God te ontmoet,’
– Dit is tyd vir ‘n goddelike afspraak met God.
– Soms moet ons na ‘n plek gaan waar ons Hom kan ontmoet.
– Jy kan die Here op ‘n nuwe manier ontmoet.
– Hy verlang daarna om jou te ontmoet, met jou te praat en jou te versterk.
Gebed: Vader, trek my in ‘n dieper ontmoeting met U. Help my om weg te tree van alles wat my aflei en plek te maak vir U teenwoordigheid. Ontmoet my op ‘n vars manier en lei my vorentoe met U teenwoordigheid en krag. Amen.