Job 42:10
‘…en die Here het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.’
– God kan herstel wat verlore gegaan het – dit word Goddelike Herstel genoem.
– Wanneer God herstel is dit gewoonlik meer as wat ons voorheen gehad het.
– Job mag amper hoop verloor het, maar God se tydsberekening was perfek.
– Moet dus nie moedeloos raak nie, God sal dinge verander en seën bring.
Gebed: Vader, dank U dat dit U is wat my weer op my voete kan kom sit. U kan dinge verander en omskep sodat dit wat hopeloos lyk ‘n voorbeeld van U vermoë en van U herstellende krag in die lewens van U kinders sal wees. Amen.