Handelinge 12:11
‘Toe kom Petrus tot homself en sê: Nou weet ek waarlik dat die Here Sy engel gestuur en my gered het…’
– Dit is nie te moeilik vir God om in jou situasie in te gryp nie.
– Petrus was in die tronk vasgeketting en die Here het Sy engel gestuur om hom te red.
– Dalk bevind jy jouself vandag in ‘n moeilike situasie?
– Roep die Here aan en vra Hom om in te gryp en jou te verlos.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat niks vir U te moeilik is nie. Geen situasie is so erg dat U nie verandering kan bring nie. Ek bid dat U in my situasie sal intree en my sal verlos. Amen.