Psalm 48:15
‘dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hý sal ons lei tot die dood toe.’
– Daar is iets wonderliks omtrent God se getrouheid.
– Dit is hoe God is en Hy is ons God vir ewig en altyd.
– Hy sal jou deur elke aspek van die lewe lei, tot aan die einde van die lewe.
– Ons hoef nie aan Sy karakter en Sy beloftes aan jou te twyfel nie.
Gebed: Vader, dankie dat U MY God is en dus kan ek weet dat U met my sal wees, ongeag wat ek moet trotseer of deurmaak. Ek sal nie vrees nie, want U is altyd met my om my te troos en te lei. Amen.