Jeremia 6:16
‘Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel.’
– Ons lewens is met besluite en keuses gevul.
– T-aansluitings en kruispaaie is alles deel van die lewensreis.
– Wanneer ons, onsself in die vallei van besluite bevind, is dit altyd die beste om te aarsel.
– Dit gee ons ‘n oomblik om Sy wysheid te vra, sodat ons rus kan vind.
Gebed: Vader, wanneer ek by die lewe se keerpunte staan, help my om tyd te neem en om U wysheid te vra. Lei my op die regte pad en gee my die moed om daarop te wandel. Vul my hart met rus en vrede. Amen.