Psalm 3:6
‘Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die Here ondersteun my.’
– Die Here waak dag na dag oor jou.
– Hy gee ons elke nuwe dag en bring ons deur die nag.
– Dit is Hy wat ons versterk om die toekoms tegemoet te gaan.
– Ons het soveel om voor dankbaar te wees omdat Hy ons onderhou.
Gebed: Vader, dank U dat U dag en nag oor my waak. Ek kan in U en U dra- en ondersteunende krag in my lewe, rus. U is my krag en U is my Hemelse Vader wat goed vir my sorg. Amen.