Jesaja 46:4b NLV
‘Ek het julle gemaak, en sal vir julle sorg. Ek sal julle ondersteun en julle red.’
– Die Here self sal jou dra.
– Soms het ons nodig dat ons Goeie Herder ons net sal opbeur.
– Hy weet wat jy nodig het en hoe om dit te voorsien.
– Maak staat op Hom, vertrou op Hom en rus in Hom.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U my in my moeder se skoot aanmekaar gesit het. U ken elke aspek van my lewe en U onderneem getrou om my te dra, te onderhou en te verlos. Amen.