Kolossense 1:11
‘en met alle krag bekragtig word volgens die mag van Sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap,’
– Die Here wil jou met Sy groot krag versterk.
– Laat vaar die geswoeg en rus in Hom.
– Staan stil en sien die reddende krag van die Here.
– Hy wil jou van krag tot krag neem.
Gebed: Vader, ek bid dat ek deur U groot krag versterk en in staat gestel sal word. Gee my die moed en vasberadenheid om op U te vertrou en op U staat te maak, in plaas daarvan om alles self te probeer oplos. Amen.