1 Johannes 4:4b
‘Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.’
– Moet nooit die magtige werkende krag van God in jou lewe onderskat nie.
– Die grootheid van die lewende God leef in jou.
– Hy sal jou die krag en wysheid gee wat jy nodig het om te oorwin.
– Niks anders staan enige kans teen Sy krag en mag nie.
Gebed: Vader, dankie dat ek U kind is en dat U in my woon. Ek erken dat ek nie hoef te vrees nie, want U is met my en geen vyand sal my vernietig of my onderdruk nie, want ek is nie alleen nie. Amen.