Joël 2:25
‘En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het…’
– Herstel is deel van God se plan vir jou lewe.
– Hy kan neem wat gevat en verslind is en dit in ‘n vrugbare akker verander.
– Hy kan lewe terugbring in gebiede wat onvrugbaar en nutteloos lyk.
– Hy kan dinge omdraai en Hy kan alles nuut maak.
Gebed: Vader, ek bid dat U in my lewe sal intree en herstel en vernuwing in daardie areas sal bring waar ek dit die nodigste het. Kom, en laat my hoop weer opvlam en laat my toe om U goedheid hier in die land van die lewendes te sien. Amen.