Psalm 142:4
‘As my gees in my versmag, dan ken Ú my pad.’
– Wanneer ons kwesbaar is en goddelike ingryping nodig het, is Hy daar.
– God is bewus van jou stryd.
– Die grootste vreugde is dat Hy die pad uit die situasie ken.
– Hy sal jou lei en rig deur die lewensreis.
Gebed: Vader, dankie dat selfs wanneer ek nie die pad vorentoe kan sien nie, U alreeds die pad ken. U weet alles en dit moedig my aan om op U leiding te vertrou. Amen.