Hebreërs 10:23
‘Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou;’
– Hou vas aan die vonk van hoop wat in jou hart lê.
– Hou onwankelbaar vas.
– Op God en Sy beloftes kan gereken word.
– Moenie tou op gooi nie, moenie moedeloos raak nie, want God kan vertrou word.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat ek met hoop gevul kan word terwyl ek op U vertrou. Ek verklaar dat my hoop op my getroue Here en Verlosser is en daarom sal ek met vertroue vorentoe treë. Amen.