Rut 2:12
‘Mag die Here jou daad vergelde, en mag jou loon volkome wees van die Here, die God van Israel, onder Wie se vleuels jy kom skuil het.’
– Die Here sien en weet alles en Hy skuld niemand iets nie.
– Die Here is getrou om almal wat Hom dien, te vergeld en te beloon.
– Hy is ten volle bewus van wat jy doen en wat jy dink niemand sien nie.
– Skuil by Hom en doen wat Hy vir jou sê om te doen – dit sal die moeite werd wees.
Gebed: Vader, dank U dat U die Here is wat alles raaksien. U weet wat ek gedoen het en hoe ek probeer het om U te behaag. Dank U dat U die Beloner is van almal wat U soek en dien. Amen.