Jesaja 35:4
Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie!…’
– ’n vervaarde hart kan ons krag dreineer.
– Jy is nie ontwerp om in ‘n beangste toestand te leef nie.
– Die alternatief is om onsself voortdurend te herinner om te vertrou en nie te vrees nie.
– Die Here is nog nie klaar met jou nie, so moenie bevrees wees nie.
Gebed: Vader, dank U vir die versekering wat U my gee om stil te wees en vrede in my vervaarde hart te bring. U ken elke vrees en twyfel wat my gedagtes teister. Ek gee al daardie sorge en bekommernisse aan U en ek kies om U te vertrou en nie angstig te wees nie. Amen.