Jesaja 54:17
‘Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die Here en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die Here.’
– Die Here is jou Beskermer en jou verdediging.
– Hy veroorsaak dat die vyand se planne uiteindelik misluk.
– Hy neem dit wat vir kwaad bedoel was en verander dit in iets goed.
– Dit is Sy plan en doel vir jou lewe – jou erfenis.
Gebed: Vader, dankie dat ek op U vermoë kan vertrou om in my situasie te werk en die vyand se planne te laat misluk. Hierdie belofte van U, om my te help en te beskerm, is ‘n blywende hoop en ek hou vas aan die hoop wat ek in U het. Amen.