Jesaja 49:15
‘Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!’
– Die Here se liefde en deernis teenoor jou is ‘n groot en wonderlike feit.
– Hy sal jou nie vergeet of verlaat nie, ongeag die omstandighede.
– Hou vas aan die onfeilbare liefde van God teenoor jou.
– Jou hart kan hoopvol wees as gevolg van God se liefde en deernis.
Gebed: Vader, dank U dat U my nooit sal vergeet, verlaat of sonder ondersteuning los nie. Ander kan van my vergeet of vervreemd raak, maar U sal altyd met my wees om my vas te hou en om my deur te help. Amen.