Jeremia 20:11
‘Maar die Here is met my soos ‘n geweldige held;…’
– Kan jy jou verbeel dat die Here met jou staan in wat jy ook al moet hanteer?
– Net die wete dat Hy met jou staan behoort jou krag te gee.
– Die feit dat Hy ‘n ‘Groot Kryger’ is, maak oorwinning ‘n werklike moontlikheid.
– Glo dat Hy daar met jou is en ontvang die vertroosting wat Hy bring.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U met my staan. U is ‘n magtige kryger wat gereed is om in te tree en die oorwinning te bring. Gee my die krag om my uitdagings met moed te hanteer, omdat U met my is en ek nie alleen is nie. Amen.