Johannes 20:27
‘Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in My sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig.’
– Twyfel kan ons van ons hoop en krag beroof.
– Geloof stel ons in staat om met vertroue vorentoe te tree.
– Moenie aan God se vermoë of Sy liefde en sorg vir jou twyfel nie.
– Laat jou geloof en vertroue in God groei en moenie twyfel of vrees nie.
Gebed: Here, vergewe my vir enige ongeloof wat in my hart ingesluip het. Ek kies om in U en U wonderbare getrouheid en liefde teenoor my, te glo. U is my getroue God. Amen.