Psalm 36:8
‘Hoe kosbaar is U goedertierenheid, o God!’
– Die liefde van God is groter as enige ander vreugde wat jy in die lewe kan ervaar.
– Sy goedertierenheid is kosbaar, voortreflik en onskatbaar.
– Jy kan nooit Sy liefde vir jou uitput of die einde daaraan bereik nie.
– Sy liefde reik op die oomblik uit om jou vas te hou en om jou te dra.
Gebed: Vader, U liefde en goedertierenheid teenoor my is so wonderbaar! Waar sou ek wees sonder U goedhartigheid teenoor my? Ek is so geseënd om te weet dat U my opgelig het en my onvoorwaardelik lief het. Amen.