Exodus 20:2
‘Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.’
– Die Here bring vryheid in ons lewens.
– Hy red en verlos ons.
– Onthou God se getrouheid in jou lewe.
– Lewe in die vryheid wat Hy bied, moenie terugkeer na die slawerny van sonde nie.
Gebed: Vader, dankie dat U MY God is. U het my bevry, verlos en gered. U het my uit slawerny bevry en my in ‘n verbondsverhouding met U genooi. Mag ek U liefde, vryheid en getrouheid ervaar. Amen.