Hebreërs 13:6
‘Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen?’
– ‘n Helper is iemand wat ons bystaan en ‘n egte behoefte in ons lewens voorsien.
– Die Here is jou Helper en Hy wil die regte hulp op die regte tyd bring.
– Hy kom om jou te help met dit wat jy nie vir jouself kon doen nie.
– Jy hoef nie te vrees nie, want die Almagtige God is jou Helper.
Gebed: Vader, dank U dat ek met vrymoedigheid kan sê dat U my Helper is. U het ons in die verlede gehelp en in U getrouheid, sal U aanhou om my Helper te wees, ongeag wat die toekoms inhou. Amen.