Josua 1:9
‘…Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.’
– Ons word elke dag van die lewe geroep om sterk en vol moed te wees.
– Elke dag bring sy eie uitdagings en daarom het ons Sy krag nodig.
– Vrees en angs beroof ons van die vreugde om God te vertrou om met ons te wees.
– Vertrou op die belofte wat Hy vir jou gee wanneer dit sê: ‘Hy sal met jou wees!’
Gebed: Vader, open die oë van my hart sodat ek kan weet dat U met my is en dat ek nie hoef te vrees of moedeloos wees nie. U is met my, en daarom kan ek sterk, vol moed en vrymoedig wees. Amen.