Josua 1:5
‘Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees;…’
– In hierdie vers belowe God vir Josua Sy beskerming en teenwoordigheid in sy lewe.
– Onthou dat God oor elke situasie in jou lewe soewerein is.
– Sy voortdurende teenwoordigheid sal jou die leiding, krag en hoop gee wat jy nodig het.
– Dus kan jou hart met hoop gevul word want die Here bly getrou.
Gebed: Vader, dank U dat waar ek op die randjie van môre, met al sy onsekerhede en hoop staan, ek dit doen met die volle wete dat U met my is. U sal my lei, U sal my rig en U sal my die oorwinning gee. Amen.