Jesaja 40:28
‘…’n Ewige God is die Here, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie;…’
– Ons kan swak en moeg voel, maar ons dien ‘n God wat altyd sterk is.
– Hy onthou ons in ons swakheid en moegheid.
– Sy getroue liefde duur vir ewig.
– Niks is te moeilik vir Hom nie en Hy sal jou daardeur dra.
Gebed: Vader, dankie dat ek elke dag op U ewige krag kan staatmaak. U is die krag van my lewe. U bly die sterkte van my hart en U is vir ewig myne. Amen.