Génesis 28:15
‘En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan,..’
– Ons moet onsself daaraan herinner dat God met ons is.
– Hy sal jou bewaar en vir jou sorg.
– Hy sal met jou wees waar jy oral heengaan.
– Hy sê vir jou: ‘Ek is met jou en Ek sal jou bewaar!’’
Gebed: Vader, dank U vir U voortdurende en blywende aanwesigheid in my lewe. Ek maak staat op U, want U weet wat vir my die beste is en U dra my beste belange op die hart. U is my Hemelse Vader en U sal vir my sorg. Amen.