Sagarïa 13:9b
‘Hulle sal My Naam aanroep, en Ek sal hulle verhoor. Ek sê: Dit is MY volk! En hulle sal sê: Die HERE, MY God!’
– Dit is wonderlik om te weet dat wanneer ons Sy Naam aanroep, antwoord Hy.
– As Sy kind kan jy die vreugde ken om aan Hom te behoort.
– Daarom kan jy verklaar: ‘Die Here is MY God!’
– Ons het die voorreg om Hom aan te roep, ongeag wat ons moet hanteer.
Gebed: Vader, ek plaas vandag my lewe en my toekoms in U almagtige hande. Ek bid dat U my Here en my God sal wees. Dus sal ek U met vrymoedigheid aanroep, omdat U MY God is. Amen.