Psalm 40:3
‘en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ‘n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak.’
– Die Here kan jou op lig uit enige situasie waarin jy jouself vind.
– Wanneer ons dink dat dinge hopeloos lyk, kan Hy nogsteeds wonders doen.
– Hy wil jou vandag oplig en jou voete op ‘n stewige fondament plaas.
– Die Here vervang ons swakheid met Sy krag en ons vrees met Sy vrede.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U my altyd sal oplig uit daardie situasies wat my graag wil aftrek. U gee my lewe doel en rigting en daarom vertrou ek op U. Amen.