Jesaja 49:1b
‘…Die Here het my geroep van die moederskoot af, van my geboorte af het Hy my naam genoem.’
– Vanaf die oomblik van jou bevrugting het die Here alles omtrent jou geweet.
– Sy pad in ons lewens begin reeds in ons moederskoot.
– As Hy van die begin af daar is, hoekom sal Hy ons ooit verlaat?
– Hy is op die oomblik met jou, Hy ken jou naam en roep jou na Hom toe.
Gebed: Vader, dit is kosbaar om te weet dat U meer van my weet as wat ekself weet. Daar is niks wat vir U verborge is nie en U roep my by my naam, omdat U my lief het en vir my sorg. Amen.