Psalm 94:22
‘Maar die Here is ‘n rotsvesting vir my, en my God die rots van my toevlug.’
– ‘n Vesting is ‘n veilige plek waar jou vyande jou nie maklik kan bereik nie.
– Die Here Self voorsien dit vir jou.
– In tye van moeilikheid kan jy op God staatmaak as jou vesting en toevlug.
– Laat Hom jou uiterste beskermer teen die teenspoed van die lewe word.
Kom ons bid… Here, dankie dat ek my hoop en vertroue in U kan plaas, omdat U MY vesting en MY rots is. Selfs wanneer omstandighede oorweldigend lyk, sal ek op U vermoë vertrou om my te verlos en te onderhou. Amen.