Markus 4:39
‘En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het ‘n groot stilte gekom.’
– Die Here het gesag oor alle omstandighede.
– Hy kan die storms in ons lewens stilmaak en vir hulle sê ‘WEES STIL!’
– Hy kan chaos en vrees neem en vrede en kalmte bring.
– Vertrou op Hom om jou deur die uitdagings van die lewe te lei.
Gebed: Vader, dankie dat U die finale gesag het oor elke stryd wat ek moet hanteer. Geen storm kan voortduur as U vir dit sê om STIL TE WEES nie. Kom spreek U vrede in my situasie in en help my om in geloof vorentoe te beweeg. Amen.