Jeremia 1:8
‘,,,want Ek is met jou om jou uit te red, spreek die Here.’
– Die eerste feit wat jy nooit moet vergeet nie, is dat God met jou is.
– Een van die redes waarom Hy met jou is, is om jou te verlos en te red.
– Sy persoonlike betrokkenheid bring vryheid in jou lewe.
– Hou aan om te doen wat God vir jou gesê het en Hy sal jou bewaar.
Gebed: Vader, ek kies om my plek van veiligheid in U blywende teenwoordigheid in my lewe te vind. Mag die feit dat U met my is ‘n lewende werklikheid wees en mag die verlossing wat U bring, my red en beskerm. Amen.