Génesis 39:2
‘En die Here was met Josef, sodat hy ‘n voorspoedige man was; en hy het in die huis van sy heer, die Egiptenaar, gebly.’
– Besef jy dat God jou sukses kan gee selfs in onregverdige situasies?
– Die Here was met Josef en dit het hom selfs as ‘n slaaf laat slaag.
– Die hand van God op sy lewe en sy gewillige gesindheid, het hom vir sukses voorberei.
– Eendag het alles verander en hy het van die tronk na die troon gegaan.
Gebed: Vader, ek vra dat U met my sal wees net soos wat U met Josef was. Plaas U hand van guns en seën op my lewe sodat, terwyl ek doen wat ek moet doen, U die regte deure vir my toekoms sal oopmaak. Amen.