Psalm 31:20
‘o, Hoe groot is U goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!’
– God se hart is gevul met goedheid en liefdevolle goedhartigheid vir jou.
– Sy goedheid bring verandering in ons lewens.
– Hy versamel Sy goedheid en gee dit op die regte oomblik aan ons.
– Ons verantwoordelikheid is om by Hom skuiling te soek en Hom in alles te vertrou.
Gebed: Vader, dankie vir U goedertierenheid teenoor my. Ek kies om skuiling in U te soek en my veiligheid in U te vind. Ek bid dat U, U goedheid op my sal plaas, te midde van alles wat my graag wil vernietig. Amen.