2 Korinthiërs 1:10
‘wat ons verlos het uit so ‘n groot doodsgevaar en nog verlos; op wie ons hoop dat Hy ook nog sal verlos,’
– God se getrouheid in die verlede herinner ons aan Sy voortdurende getrouheid.
– Hy het jou al voorheen gered en Hy sal dit weer doen.
– Dit is deel van Sy karakter om in te tree en jou te help.
– Omdat jy weet dat Hy jou sal red, behoort dit jou die moed te gee wat jy nodig het.
Gebed: Vader, waar ek oor my lewe terugkyk kan ek sien hoe U ingegryp en my oor en oor gehelp het. Ek sal dus my vertroue in U plaas, want U sal my weer red en U sal aanhou om my te red. Amen.