Psalm 27:1
‘Die HERE is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?’
– Ons toevlug is waar ons sekuur en veilig kan wees.
– Dit is wat die Here vir jou wil wees.
– In Hom vind ons die beskerming wat ons in ons lewens nodig het.
– Wanneer die Here ons veilige plek is, kan ons na Hom toe gaan en nie vrees nie.
Gebed: Vader, ek hardloop na U, my toevlug, sodat ek die sekuriteit kan ken wat net U vir my kan gee. Ek sal nie vrees of vervaard wees nie, want U is met my en U bied my die sekuriteit en beskerming wat ek nodig het. Amen.