Romeine 4:21
‘en was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het.’
– Hou vas aan die Here en bly ‘ten volle oortuig’ dat Hy kan.
– Geloof in God is ‘n diepgewortelde oortuiging.
– Jy kan vertrou op God se karakter en beloftes.
– Sy Woord sê dat niks vir Hom te moeilik is nie.
Gebed: Vader, dankie vir U beloftes en alles wat U onderneem het om te doen. Ek sal vertrou en nie vrees nie. Ek sal nie aan U of U vermoë twyfel nie, maar ek sal VOLLEDIG in U OORTUIG bly. Amen.