Jesaja 65:21-22a
‘En hulle sal huise bou en bewoon, en wingerde plant en die vrug daarvan eet: hulle sal nie bou dat ‘n ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat ‘n ander dit eet nie; …’
– Die Here begeer dat jy die vrug van jou lewe sal sien en dit geniet.
– Sy begeerte is dat jy die voordeel en die vrug van jou arbeid sal geniet.
– Die vyand het vir te lank probeer om jou te beroof van dit wat God vir jou bedoel het.
– God belowe herstel en Hy maak seker dat ons pogings nie tevergeefs is nie.
Gebed: Vader, dankie dat U oor my waak om seker te maak dat ek nie van die seën wat myne is, beroof sal word nie. Beskerm my teen verlies en onreg en mag U guns en seën ‘n werklikheid in my lewe wees. Amen.