Psalm 146:2
‘Ek wil die Here prys solank as ek lewe; ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek nog daar is.’
– Elke dag is nog ‘n geleentheid om die Here te loof.
– Daar is altyd iets waarvoor jy dankbaar kan wees.
– Dink aan alles waarvoor jy dankbaar kan wees en prys Hom!
– Moet nooit ophou om die Here te dank en te prys nie – Hy is getrou!
Gebed: Vader, dankie vir U getrouheid en goedheid in my lewe. Help my om met ‘n dankbare hart te lewe en om nooit op te hou om U te loof nie. Mag my lewe voortdurend eer aan U bring. Amen.