Deuteronòmium 32:3
‘Want die Naam van die Here roep ek uit: Gee grootheid aan onse God!’
– Die regte perspektief in die lewe verander die manier waarop ons dinge ervaar.
– Kom ons begin glo dat God groter is as enige uitdagings wat ons moet aandurf.
– Kom ons sien God as ‘n groot en magtige God vir wie niks te moeilik is nie.
– Praat die taal van geloof en nie die taal van vrees en twyfel nie.
Gebed: Vader, U is ‘n wonderbare God wat meer kan doen as wat ek kan vra of dink. Ek verkondig dus die Naam van my Almagtige God en ek kies om te erken dat U groter is as enige situasie wat ek moet hanteer. Amen.