Jesaja 9:6
‘Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee;… en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors.’
– In hierdie wonderlikste tyd van die jaar – is HY al wat jy nodig het.
– Hy bring wysheid en leiding as jou Wonderbare Raadsman.
– Sy liefde omring jou voortdurend as jou Ewige Vader.
– Sy vrede maak jou hart stil, want Hy is jou Prins van Vrede.
Gebed: Here, dankie dat alles wat ek ooit in hierdie lewe mag nodig hê, in U gevind kan word. U is al wat ek begeer en nodig het. U is my Magtige God en ek kan op U vertrou en staatmaak. Amen.
Mag jy ‘n wonderlike Feesseisoen geniet.
NS: Die Daaglikse Gedagtes sal op 12 Januarie 2026 hervat word.