Hebreërs 4:16
‘Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.’
– Die opsie om God te nader is ‘n deur wat altyd vir jou oop is.
– Hy nooi jou uit om met vrymoedigheid na Hom te kom.
– Jy dien ‘n genadige en goedhartige God wat Sy barmhartigheid en genade aan jou wil bewys.
– Hy weet wat jy die nodigste het en wanneer jy dit nodig het, en Hy sal jou help.
Gebed: Vader, ek tree vandag met vrymoedigheid en moed in U teenwoordigheid in om U om U barmhartigheid, genade, en hulp te vra. U weet presies waardeur ek gaan en wat ek moet hanteer, ek bring dit dus na U toe en plaas dit by U voete neer, wetende dat U my sal help. Amen.