2 Korinthiёrs 2:16
(Ons is vir God die aangename geur van Christus…) ‘vir die laaste ’n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste ’n reuk van die lewe tot die lewe. En wie is tot hierdie dinge bekwaam?’
– ‘n Lewe wat vir Christus geleef word, dra baie invloed.
– Vir sommige word dit ‘n weerspieëling van hoop en nuwe lewe.
– Vir ander dien dit as ‘n uitdaging en selfs ‘n herinnering aan oordeel.
– As kinders van God dra ons ‘n voorreg en verantwoordelikheid.
Gebed: Vader, dankie dat U hand op my lewe die atmosfeer rondom my verander. Ek besef dat nie almal dit vier nie, maar ek kies U guns bo die guns van die mens. Amen.