Deuteronòmium 33:27
‘Die ewige God is ‘n woning, en onder — ewige arms; …’
– Die Here, die Ewige God, is jou plek van veiligheid en sekuriteit.
– Hy sal jou met Sy vlerke bedek en onder Sy vere sal jy skuiling vind.
– Hy sal jou nie net verdedig en beskerm nie, maar Hy sal jou ook dra.
– Sy ewige arms hou jou en jy hoef nie te vrees nie.
Gebed: Vader, dank U vir U ewige arms wat my elke dag dra en ondersteun. Ek verklaar dat die Here my toevlug is en daarom sal ek vertrou en nie vrees nie. Amen.