Jakobus 2:25
‘Is Ragab die prostituut nie ook vrygespreek op grond van wat sy gedoen het…’
– Ons verlede en wat ons deurgemaak het hoef ons nie te definieer nie.
– Ongeag waardeur jy is, God kan jou lewe verander.
– Hy kan vrees en angs neem en dit in geloof en vrymoedigheid omskep.
– Ragab het alles gewaag om God te eer en op die ou end het Hy haar geëer.
Gebed: Vader, dankie dat niks wat ek moes hanteer of deurmaak, my diskwalifiseer van die transformasie wat U in my lewe wil bring nie. Gee my die moed en die geloof om uit te tree en U te glo, ongeag wat ek in die verlede teëgekom het. Amen.