Johannes 8:36
‘As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.’
– Die Here verlang dat jy waarlik vry sal wees.
– Vry van self, vry van sonde en vry van slawerny en vrees.
– Ware vryheid kan slegs in Jesus Christus gevind word.
– Die vryheid wat Hy gee, is lewensveranderend en bring rus en vrede aan ons siele.
Gebed: Vader, dankie vir die vryheid wat U gee. Maak my vry van elke vrees, sonde en las wat my terughou. Help my om elke dag in die ware vryheid, vrede en lewe wat net U kan gee, te wandel. Amen.