Deuteronòmium 31:6
‘Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die Here jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.’
– Net die wete dat God met jou is, gee jou ‘n rede om moedig te wees.
– Wees sterk en vol moed, jou God is met jou!
– Moenie toelaat dat vrees, twyfel of paniek jou hart en verstand vasgryp nie.
– Hy sal jou nooit verlaat nie en jy kan vashou aan hierdie wonderlike waarheid.
Gebed: Vader, ek kies om sterk en moedig te wees omdat U met my is. Ek verwerp vrees, paniek, bekommernis en skrik, want ek weet dat U my sal dra en deur elke uitdagende situasie en elke moeilike omstandigheid sal bring. Amen.