Psalm 86:5 NLV
‘U is waarlik goed, Here, U vergewe. U is vol liefde vir almal’
– Alles wat ons nodig het en waarna ons smag, kan in God gevind word.
– Het jy Sy goedheid nodig? Hy wil vir jou goed wees.
– Het jy Sy vergifnis nodig? Hy is gereed om jou te vergewe.
– Het jy nodig om Sy liefde te voel? Sy liefde reik uit na jou.
Gebed: Vader, dankie vir U goedheid teenoor my. Vergewe my dat ek probeer om op my eie krag te lewe. Ek bid dat U my sal help, sodat ek U onfeilbare liefde teenoor my kan ervaar en daarop kan staatmaak. Amen.