Amos 9:13
‘Kyk, die dae kom, spreek die Here, dat die ploeër die maaier inhaal, en die druiwetrapper die saadsaaier; en dat die berge van mos sal drup, en al die heuwels daarvan oorvloei sal wees.’
– God is steeds in beheer en Hy kan steeds Sy voornemens verwesenlik.
– Hy kan ‘n stryd aanpak en dit in oorvloed omskep.
– Wees verwagtend dat God jou wil seën en vir jou wil voorsien.
– Herstel is deel van God se plan vir Sy mense.
Gebed: Vader, dankie vir die nuwe seisoen wat U in my lewe bring. Ek vra dat U hierdie volgende seisoen een van herstel en goddelike guns sal maak. Mag elke aspek van my lewe deur U hand aangeraak word. Amen.