Psalm 37:23
‘Deur die Here word die gange van ‘n man bevestig, en Hy het ‘n welbehae in sy weg.’
– Die Here skep ‘n behae daarin om die lewens van almal wat Hom volg, te lei
– Die Here het jou in Sy getrouheid, tot hierdie punt gebring.
– Hy sal jou in die toekoms dra en onderhou.
– Hy sal jou op die regte tyd in die regte rigting lei.
Gebed: Vader, dankie dat U vir my sorg. U rig my treё en wys my wat die regte pad vir my lewe is. Help my om in U weë te wandel en op U leiding te vertrou. Amen.