Jesaja 40:29
‘Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.’
– Mense wat moeg, uitgeput en afgemat is, is vir God belangrik.
– Hy ken ons fisiese beperkings en swakhede.
– Hy kom om krag te gee en die vermoë wat jy nodig het, te vergroot.
– God, wat nooit moeg word nie, gee krag aan almal wat geen krag het nie.
Kom ons bid… Vader, dankie dat U my uitdagings ken en verstaan wanneer ek moeg en uitgeput voel. Vernuwe asseblief my krag en gee my die vermoë wat ek nodig het om elke dag aan te durf. Help my om op U krag te vertrou en nie op my eie krag nie. Amen.